Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Wydkyk

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kriedoringstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 420 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Wydkyk is 'n pragtige selfsorghuis net 100 m van die strand af in die ouwêreldse vissersdopie Paternoster. Dit is die ideale wegbreekplek vir diegene wat mal is oor die natuur en die see en vir reisigers wat op soek is na 'n vakansie buite die stad.

Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n aparte gastetoilet. Al die slaapkamers het dubbelbeddens en die eerste badkamer het 'n stort en die ander badkamer het 'n bad. Elke slaapkamer lei na die leefarea.

Die oopplan-kombuis het 'n eilandtoonbank met sitplek en is met 'n konveksie-oond, mikrogolfoond, broodrooster, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n kaggel. WiFi is ook beskikbaar. Die sitarea lei na 'n groot onderdakstoep met braaigeriewe en ekstra sitplek.

Gaste het toegang tot 'n aparte ingang en veilige parkeerplek. Die Weskus is vir al die endemiese spesies wat daar voorkom bekend en is 'n baie spesiale plek vir veldblomliefhebbers van regoor die wêreld. Paternoster bied 'n verskeidenheid aktiwiteite soos walvis-, dolfyn- en voëlkyk, visvang, bootry, duik, voetslaan, bergfietsry en kajak vaar in die see.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Miche V
Saam met vriende
5.0
Dit was gerieflik, ons het dit baie geniet, sal weer daar die plek gebruik. Dit was baie nice om die naweek daar te spandeer, het dus ook nie ver van ...
Sien meer
Nov 2024
Yolanda C
Gesin met klein kinders
5.0
I will recommend this house for anyone. We will definitely go back. We had a lovely weekend; the house was everything we wanted. Clean ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Llulane A
5.0
Baie lekker gebly daar. Sal definitief weer soontoe gaan! Wydkyk is beslis een van die bestes! Alles in die huis is netjies en gerieflik. Sal dit defi...
Sien meer
Okt 2023
Hanna N
Saam met vriende
5.0
Die kuier was vreeslik lekker. Huis het alles waarna jy soek. Solar panels was definitief 'n pluspunt. Sal enige tyd aanbeveel.
Jul 2023
Elvida C
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties en nogmaals fantasties. Pragtige plek. Alles van die beste kwaliteit. Regtig enige persoon se droom om so te kuier. Geen loadshedding. Wydk...
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Sanet Geverifieer

Eiendomme 62

Resensies 837

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Kriedoringstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Wydkyk het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 420
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 420
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kriedoringstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd7dddeb3701fca43329e710cae8a229ecad9d38e33cda9daf4f0c10f0872800dcffbb4d74f396e7fff7617c2bcd15f04004d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 420 per nag (plek vir 6) 9 5 1 5 Kriedoring Road Paternoster 7381 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -32.812421858896 17.8825257457

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang