Zazu Lodge, Kruger Park Lodge IKZ2
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lodge 210 Portia Shabungu-rylaan, Kruger Park Lodge, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Vanaf R2 950 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Zazu Lodge, Kruger Park Lodge IKZ2 is 'n selfsorglodge wat in die Kruger Park Lodge Gholflandgoed in Hazyview geleë is. Dié grasdak-villa bied slaapplek aan 6 persone en die landgoed spog met 'n 9-putjie-gholfbaan wat deur Gary Player ontwerp is.
Dié dubbelverdiepinglodge beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Al die slaapkamers is bo geleë; die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak, bad en stort. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en deel die tweede badkamer met 'n toilet, wasbak, bad en stort.
Die goed toegeruste kombuis het 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond met 'n stoof, 'n skottelgoedwasser en ander toebehore. Die aangrensende oopplan-sitkamer het 'n HD-TV en lei na die onderdakstoep, wat spog met 'n ingeboude braai-area en 'n buite-etenstafel met sitplek.
Boonop bied die huis gratis WiFi-internettoegang, en onderdakparkeerplek vir 2 motors.
Gaste het toegang tot al die landgoed se geriewe soos swembaddens, tennis- en vlugbalbane, en staproetes langs die Sabierivier, asook die gholfbaan. Daar is baie waterkenmerke en benewens die vrugbare voëllewe, is daar seekoeie, krokodille, apies, rooibokke en ander kleinwild op die landgoed.
Die landgoed is ook naby winkelsentrums en restaurante en is ideaal geleë sowat 12 km vanaf die Phabeni-hek van die Krugerwildtuin.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Dillon Geverifieer
Eiendomme 70
Resensies 211
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Lodge 210 Portia Shabungu-rylaan, Kruger Park Lodge, Hazyview, 1242, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Hazyview Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lodge 210 Portia Shabungu-rylaan, Kruger Park Lodge, Hazyview, 1242, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang