Zeezicht Villa
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 8 Okt 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nic Tredoux-singel 12, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
-
Vanaf
R5 100R4 590 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Zeezicht Villa is in Jacobsbaai geleë wat tussen Vredenburg en Saldanha geleë is. Hierdie pragtige juweel van 'n huis wat 100 m van die strand af is, sal die perfekte plek wees vir 'n gesinsvakansie of 'n groep vriende.
Dié huis het slaapplek vir tot 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers plus 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n instapstort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, dubbelwasbak en toilet. Hierdie 2 kamers het direkte toegang tot 'n balkon met see-uitsigte. Daar is 'n derde slaapkamer op die boonste vloer met 'n koningingrootte-bed en sy eie badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet.
Daar is nog 2 slaapkamers waarvan een 2 driekwartbeddens het en die ander met 'n dubbelbed ingerig is. Hierdie 2 slaapkamers kan gebruik maak van die hoofbadkamer met 'n hoekbad en 'n stort. Daar is 'n ekstra gastetoilet.
Daar is 'n ruim en pragtige kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, koffiemasjien, yskas-vrieskas, eetgerei, en breekware asook 'n 4-sitplek ontbyttoonbank. 'n Skottelgoedwasser en 'n wasmasjien is beskikbaar.
Van die kombuis af lei 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale en 'n Bluetooth-klankbalk. Gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste kan hul maaltye in die eetarea by die 10-sitplek-etenstafel geniet wat na nog 'n knus sitarea met 'n lieflike kaggel lei.
Die huis beskik oor binne- en buitebraaigeriewe met genoeg sitplek vir almal by die vuur.
Die huis het 'n omskakelaar en battery in geval van beurtkrag.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Elektriese kombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Hybre Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Nic Tredoux-singel 12, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
- Gaste dink Zeezicht Villa het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Jacobsbaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nic Tredoux-singel 12, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang