Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Zeezicht Villa

Selfsorg
Spesiale Aanbod 15% af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 7 Nov 2024 tot 9 Des 2024.

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nic Tredoux-singel 12, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 100 R4 335 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Zeezicht Villa is in Jacobsbaai tussen Vredenburg en Saldanha geleë. Hierdie pragtige juweel van 'n huis wat 100 m van die strand af geleë is, is die ideale plek vir 'n gesinsvakansie of 'n groepswegbreek.

Die huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 ruim slaapkamers en 4 badkamers. Daar is ook 'n gastebadkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n instapstort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, 'n dubbelwasbak en 'n toilet. Hierdie 2 slaapkamers bied direkte toegang tot 'n balkon met 'n see-uitsig. Daar is 'n derde badkamer op die boonste verdieping en die kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Daar is nog 2 slaapkamers waarvan een 2 driekwartbeddens het en die ander een 'n dubbelbed. Hierdie 2 slaapkamers kan gebruik maak van die hoofbadkamer met 'n hoekbad en 'n stort. Daar is 'n ekstra gastetoilet.

Die ruim en pragtige kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, koffie masjien, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, sowel as 'n toonbank met sitplek vir 4. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is beskikbaar.

Langs die kombuis is daar 'n sitarea met gemaklike rusbanke, 'n platskerm-TV met DStv en 'n Bluetooth-klankbalk. Gratis WiFi is beskikbaar.

Gaste kan hul maaltye in die eetarea by die etenstafel met sitplek vir 10 geniet. Dié eetarea lei na 'n ander knus sitkamer met 'n lieflike kaggel.

Die huis spog met braaigeriewe binne en buite, en genoeg sitplek vir almal by die vuur.

Die huis is geinstalleer met n inverter en battery ingeval van enige load shedding.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 5 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Hybre Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Nic Tredoux-singel 12, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Gaste dink Zeezicht Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 100
R 5 100 R 4 335
per nag (plek vir 10)
Vanaf R5 100
R 5 100 R 4 335
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nic Tredoux-singel 12, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9e80a9d4a05e8c6c3c419e1d1e3249afc369a6b1f41dc87a37e32936a9477611e27812009741963dcee727d5c872de5df449?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R5 100 nouVanaf R4 335 per nag (plek vir 10) 6 5 1 5 12 Nic Tredoux Cresent Jacobsbaai 7380 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -32.965594123898 17.889232388171

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang