Zimbali Suite 414
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Corkwoodrylaan 5, Zimbali Estate, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 700 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Zimbali Suite 414 is 'n lieflike selfsorgwoonstel met 'n see-uitsig in 'n veilige kompleks in Ballito. Dit is net 15,7 km vanaf King Shaka Internasionale Lughawe geleë en daarom ideaal vir vakansiegangers en sakereisigers.
Die woonstel met lugversorging bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die woonstel se kombuisie is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en 'n yskas-vrieskas toegerus. Die leefarea het 'n etenstafel, gemaklike sitplek, 'n TV met DStv-kanale en gratis WiFi.
Die leefarea lei na 'n stoep met sitplek. Gaste het ook toegang tot veilige parkeerplek op die perseel en die oord se geriewe wat 'n swembad, gimnasium, Valley of the Pools, Bosbokklub, tennis- en muurbalbane, 'n 18 putjie-gholfbaan, verskeie kroeë en 'n koffiewinkel insluit.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
3.6/5
Ragini Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 38
Resensies 8
Op LekkeSlaap 6 maande
Ligging
- Corkwoodrylaan 5, Zimbali Estate, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Zimbali Suite 414 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Corkwoodrylaan 5, Zimbali Estate, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal