Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Zula Beach House and Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langstrandweg 9, Mosselbank, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Zula Beach House and Cottage is 'n pragtige grasdakhuis met 'n uitsig oor die sandduine en die baai in Paternoster. Die huis bied alles wat gaste vir 'n familiereünie benodig. Gaste kan op die strand gaan stap of draf, in die dorpie uiteet en die strandfront reg voor die huis is 'n uitstekende plek vir sweefski en branderplankry.

Zula Beach House bied slaapplek aan 6 volwassenes en 4 kinders en daar is 'n aparte kothuis met slaapplek vir 2 volwassenes. Die huis en kothuis kan apart of saam vir 'n groot groep bespreek word. Honde is ook teen 'n ekstra koste welkom.

The Beach House beskik oor 3 slaapkamers, 'n solderkamer, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitarea het 'n kaggel, 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi word ook voorsien.

The Beach Cottage is 'n oopplan-ateljeewoonstel wat apart van die hoofhuis verhuur word. Die woonstel het 'n koninggrootte-bed wat ook in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kothuis het 'n kombuisie, kaggel, TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi. Buite is daar 'n gasbraai en 2 sonstoele op 'n strandfrontdek.

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Kontant

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Shannon L
Saam met lewensmaat
5.0
Peaceful, beautiful. Absolutely breathtaking, can't wait to come back!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Lizelle V
Saam met lewensmaat
5.0
Veilig, netjies en pragtig. Pragtige kothuis met uitsig op die see, netjies.
Okt 2024
Barry C
Saam met lewensmaat
5.0
A peaceful, comfortable refuge to recharge the batteries. The beautifully well-appointed cottage, both the interior and the outside liv...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Claire V
Saam met lewensmaat
5.0
Dreamy seaside cottage. The perfect seaside cottage, with direct access to the beach, sea views, and pet friendly with a safe and secur...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Renata F
Saam met lewensmaat
5.0
Great. Dit was heerlik. Baie dankie.
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Toni Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 22

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Langstrandweg 9, Mosselbank, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Zula Beach House and Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langstrandweg 9, Mosselbank, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeaddcd1cfc07dc30c2b92119f5f053d4dcee7e266cde421526e3c6cc36b6279661d6a2a2c88a98e95284b956449c406e5e0d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag (plek vir 2) 9 5 1 5 9 Langstrand Road Mosselbank 7381 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -32.803469 17.900113

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang