Zulani Safaris
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vulpan Plaas, Boks 256, Mogwadi, 0715, Limpopo
- Vanaf R590 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Zulani Safaris is 'n privaat wildplaas wat in die Soutpansberge in Limpopo-provinsie geleë is. Dit word omring deur 'n groot verskeidenheid wild in die oop vlaktes, bosveld en doringveld.
Die kampe is in die pragtige Knobthorn- en Syringa-omgewing geleë. Die chalets is langs 'n watergat wat deur spreiligte verlig word en waar daar dikwels wild te siene is. Jy kan kies tussen eenhede met selfsorggeriewe, B&B-geriewe of eenhede waar alle maaltye ingesluit word. Hierdie kamp het 'n pragtige uitsig oor die Soutpansberge en sluit 'n braaiplek, 'n swembad en 'n ten volle toegeruste lapa wat dikwels vir konferensies gebuik word, in. Die kamp het ook 4 luukse tente, insluitend 'n wittebroodtent.
Die Rondawelkamp is in die styl van 'n Afrika-dorpie en bied aan gaste 'n wonderlike atmosfeer, veral saans rondom die kampvuur. Hierdie kamp het ook 'n lapa en swembad.
Zulani Lodge is in 'n tropiese oase geleë, met 'n swembad en 'n kroeg. Daar is 4 slaapkamers en 'n sondek waar jy kan wild kyk. Dit is ideaal vir gaste wat op 'n B&B-basis wil bly of vir diegene wat verkies dat alle maaltye ingesluit word.
Selfbegeleide toere kan te voet gedoen word of op fietse wat deur Zulani Safaris voorsien word. Ons is naby die Mapungubwe Nasionale Park, die Blouberg Reservaat en Makgabeng. By Makgabeng kan jy oor die 800 San en Venda rotstekeninge sien. Daguitstappies kan gereël word.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Engels
- Deens
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Betaalopsies op Perseel
- Reisigerstjeks
- Kontant
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.6/5
Gordon Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Vulpan Plaas, Boks 256, Mogwadi, 0715, Limpopo
- Gaste dink Zulani Safaris het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Soutpansberge Limpopo
- Kapasiteit: 24 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vulpan Plaas, Boks 256, Mogwadi, 0715, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang