Zuurberg Mountain Village
Kry 30% af. Geldig vir verblyf vanaf 26 Nov 2024 tot 31 Des 2024.
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: R335, Zuurberg-pas, Addo, 6105, Oos-Kaap
-
Vanaf
R3 310R2 317 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Zuurberg Mountain Village bied 'n historiese atmosfeer wat onlangs opgeknap is hoog in die Zuurberge. Dit is 'n rustige, unieke toevlugsoord in die berge en sluit 160 hektaar inheemse plantegroei en luisterryke uitsigte oor die Addo-olifantpark in.
Zuurberg Mountain Village het 4 ruim gesinskamers en 26 Village-kamers. Die gesinskamerss het slaapplek vir 2 volwassenes in 'n en suite-2-enkelbed- of dubbelbedkamer of dubbelkamer en 2 klein kinders kan op 'n slaapbank in die sitarea slaap. Elkeen het 'n volledige en suite-badkamer, privaat stoep met 'n uitsig op die Zuurberg-bergreeks en is gerieflik naby die sitarea, eetareas en swembad.
Die Village-kamers het elk 'n privaat stoep en 'n uitsig op die berge en oor die vallei. Elke kamer het slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind in 'n bababedjie of op 'n addisionele enkelbed op versoek. Hierdie kamers het swart houtvloere, lugversorging, ondervloerse verhitting in die badkamer, 'n vrystaande bad en 'n binne- en buitestort met warm en koue water.
Klop aan by Zuurberg Mountain Village vir 'n paar dae en ervaar 'n tradisie van puik gasvryheid. Die Addo Nasionale Olifantpark omring die hotel en bied fantastiese perdry- en staproetes (daar is roetes vir almal: van beginners tot hardebaarde). Bergsebras, elande, koedoes, bosbokke, duikers, rooihartbeeste en ander endemiese wild kan hier besigtig word. Die voëllewe is ook pragtig: hou jou oë oop vir die bosmusikante en Knysna loeries (om maar 'n paar te noem). Gaan kyk gerus ook vir die renosters by die Darlingtondam na 'n rowwe rit in jou 4x4. Die Addo-olifantpark en Zuurberge bevat van die laaste stukkies ongerepte rivierwoud en bergfynbos in die streek.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Henri Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- R335, Zuurberg-pas, Addo, 6105, Oos-Kaap
- Gaste dink Zuurberg Mountain Village het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Addo-olifantpark Oos-Kaap
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: R335, Zuurberg-pas, Addo, 6105, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang