Geverifieerde Resensie
Addo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Addo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 55 resensies.
"Addo Olifantpark is naby Addo. Dit was 'n goeie dagondervinding. Ons het redeilk baie wild gesien en ook hoe die Olifante baljaar in die watergat. "
"Die Olifantpark is baie goedkoop en was baie lekker om dit te besoek. "
"Dis 'n onbekende juweel vir 'n toerus wat hou van in plekke te gaan rond ry en snuffel."
"Addo-olifantpark is die groot aantrekking. Dit lyk nie of daar samewerking is om die dorpie self meer aantreklik te maak nie, maar Wild Africa was 'n aangename verrassing. Hopelik is dit 'n voorbeeld wat nagevolg sal word."
"Ons het seker maar net 'n swak dag beleef, want het na ure se rondry net een olifant gesien."
"Addo Nationale Park is baie gewild en ontvang baie besoekers, Suid-Afrikaners sowel as buitelanders, en nie almal kan in die park se akkommodasie bly nie. Daarom moet die omliggende area verbeter, veral die paaie. Die strate in en om Addo het beslis agteruitgegaan die afgelope jaar en mens moet baie versigtig ry om al die slaggate te vermy, wat ook nie altyd moontlik is nie. Daar is 'n paar nuwe blyplekke wat tot stand gekom het."
"The game park is the cherry on top and the Addo area needs to advertise itself more as a tourist destination, the Zuurberg drive was also great to do.The centre of Addo needs a clean-up from the local council to make it more attractive. Great farm holidays also to be marketed more aggressively."
"Na baie jare het ons die besoek aan Addo Olifantpark geniet. Dat ons wel oorgeslaap het buite die park was geensins die probleem wat ons gedink het nie."
"Ons het die park baie netjies gevind en volop diere gesien en dit kan aanbeveel word."
"Very friendly staff at both gate and resturant and very affordable as a family outing."
"Baie lekker gewees. Ons het baie diere gesien en die olifante was fantasties. Sal weer kom. "