Geverifieerde Resensie
Agulhas
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Agulhas bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 606 resensies.
"Hierdie plek het ons verras, dit is beeldskoon en ons kon heeltyd die kinders besig hou in die natuur en buite. Ons sal beslis weer daar kuier."
"Mooi dorpie, en baie om te doen. Skoon strande en vriendelike mense. Baie lekker restaurante om by te eet."
"Lekker plek met baie om te doen en sien. Restaurante definitief gemik op toeriste, pryse is duurder as wat mens verwag maar anders 'n bestemming wat aanbeveel word."
"Die hawe by Struisbaai is puik met die pylsterte wat so mak is. Ons het lugtoring besoek, mooi uitsig. Ons was by die verste, suidelike punt in Afrika en ons het ook na die shipwreck gekyk."
"Ons het al die plaaslike restaurantjies en 'pubs' gaan besoek om die hart van die dorp te leer ken - die plaaslike mense is hartlik en vriendelik en die seekos is heerlik!"
"Struisbaai is 'n seevakansie-dorp uit-en-uit. Herinner baie aan die Weskus se kusdorpies en strande. Die besonderse helder, akwamaryn kleur van die water en romantiese skuite wat ronddobber by die hawetjie, is fotograwe en skilders se droom. Daar is heerlike restaurante rondom die hawe, waar ons onder 'n sambreel gesit en kyk het hoe die vakansiegangers swem; bote inkom met hul vangste en kinders saam met hul ouers luilekker op die jetty sit en draairoomyse eet. Die jetty se groot pylstertvis, wat lyk my permanent daar woon, is iets om te sien."
"Absolutely awesome, really enjoyed our stay, walks on the beach and swimming in the tidal pools."
"Loved the peace and tranquility in the area. The people are friendly and they have wonderful restaurants in the area."
"Struisbaai is die vakansieplek. Het al baie in karavaanpark gestaan. Die naweek het ek en my seun 'n visvangkompetisie gehad."