Geverifieerde Resensie
Alldays
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Alldays bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.6 uit 5 gekry volgens 22 resensies.
"Dit is ver en die pad is baie sleg. As die pad beter was, sou dit die perfekte bestemming gewees het."
"Die paaie rondom Alldays is nie in 'n goeie toestand nie. Ons het nie die vrymoedigheid gehad om vleis te koop by een van die twee slaghuise wat ons besoek het nie. Daar is nie 'n goeie restaurant nie."
"Al die winkels wat jy kan nodig kan kry, is daar. Laat genoeg tyd vir reis, aangesien die paaie nie te goed is nie."
"Alldays self is maar verwaarloos en baie klein en die pad by VIVO het baie slaggate. Ons het alles saamgevat wat ons nodig het vir ’n week se verblyf, maar kon darem ook by die SAVEMOR winkel op die dorp vars broodrolletjies ens. koop. Perfekte stop as jy Mapongubwe, Blouberg, Langjan, Makoppas Nest en Mogalakwena Lodge will besoek."
"I enjoyed the town of Alldays. I ate at a restaurant called Delicious and I highly recommend them from breakfast to dinner."
"Alldays self is maar nie baie om oor opgewonde te raak nie. Alle basiese eetgoed kan egter daar gekoop word. Daar is baie gasteplase in die omgewing."
"Alldays area with the Limpopo, border crossings and Mapengubwe and the Tuli block has great potential for Tourism."
"As jy iets vergeet het glo ek jy sal dit iewers in Alldays kry, baie klein plek maar daar is n vulstasie en Savemore wat jou verseker sal kan help."
"Ons het 'n wildveiling bygewoon en dus was die kuier kort. Alldays lyk na 'n baie rustige dorpie met gasvrye boeremense."
"Baie stil. Behalwe vir Toeka kombuis en Delicious, waar mens lekker kan eet, gaan daar niks aan op die dorp nie. "