Geverifieerde Resensie
Arniston
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Arniston bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 243 resensies.
"Vir my persoonlik die mooiste dorpie. Rustigheid van dorpie en uitsig by see sal my altyd bybly."
"Arniston is lekker klein en daar is net 'n geriefswinkeltjie by die hotel (geen nagklubs of winkelsentrums nie). Die swemstrand is net toeganklik tydens laaggety, maar dan is die see lekker rustig en vlak. Waenhuiskrans is baie naby die dorp (solank jy 'n 4x4 het, anders moet jy 'n hele entjie stap van die parkeerplek af). Maak net seker jy gaan presies tydens laaggety af na die grotte toe."
"Arniston het my aangenaam verras. Sal verseker weer daar verby gaan. Die uitstappie na die grot was een van die hoogtepunte."
"Die regte bestemming as jy die natuur wil beleef en wegkom van die stad. Ongelooflike mooi see en veilige strand ervaring."
"Dis stil buite seisoen - moenie naglewe verwag nie, maar dis naby genoeg vir 'n heerlike dagrit na L'Agulhas."
"Baie stil en rustig. Naby genoeg aan Bredasdorp indien jy iets nodig sou kry. Min dorpies wat nog so ongerep is. Love dit!"
"Arniston is een van my gunsteling vakansiebestemmings met die mooiste strande. Ek kan nie wag om terug te gaan nie! "
"Dit is die heel mooiste geheim in Suid-Afrika. Dit is voorwaar 'n plekkie waar 'n mens weer kan mens word."
"Arniston is a delightful little fishing village. The ideal place for a quiet breakaway."
"As die wind waai dan waai hy, jy waai weg. Neem genoeg vermaak as jy nie kan uit. Beveel Wanda's retaurant aan. Gehalte vars kos en lekker atmosfeer. Neem net n bottel wyn saam."