Geverifieerde Resensie
Aston Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Aston Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 47 resensies.
"Dis mooi, maar daar's nie veel te doen nie omtrent aktiwiteite nie. Dis maar 'n still plekkie met min groot plekke. Dit kan goed wees as jy wil wegbreek van die stede af, maar nog steeds winkels het om die nodige te kry. Baie lekker strande om te hengel of net pret te he met die Familie."
"Dit is 'n stil, rustige area. Vir mense wat nie hou van 'n vreeslike lawaai en oorvol strande nie, is hierdie die regte plek."
"Astonbaai is veel meer as wat mense dit toegee. Pragtige plek met natuurskoon."
"Heerlike rustige area en pragtige strande! Die Tapas restaurant is 'n moet. "
"Vervalle geboue op strand nie goed vir besoekers nie. Snaakse karakters het in die aande daar rond beweeg."
"Dit sou baie nice wees as hulle 'n klein winkeltjie en OTM in die Marina Martinique-kompleks kan sit."
"Very quiet and peaceful (out of season) with a variety of food options in Jeffrey's Bay."
"Tannie Anchen, dankie vir al die moeite en ekstra beste verblyf op ons totale vakansie."
"Astonbaai self is great, lekker strand en restaurante. Maar toegang vanaf Jeffreysbaai in die aand is nie die veiligste nie. "
"Dit is jammer dat die enigste roete wat mens kan neem om daar te kom, deur 'n woonbuurt is waar diere vrylik oor die pad loop en die omgewing so besoedel en vuil is. Papiere en gemors lê oral en dan begin mens dink dat jou blyplekkie dalk ook so lyk. Strand is egter pragtig en skoon en ook veilig."
"Daar is net twee restaurante op Astonbaai se strand en lyk of hulle laatslapers is, want daar gaan niks aan vroeë oggend nie. Daar is nog een in die Marina area wat ook eers na 10 oopmaak. So baie lekker as jy nie vroeg wakker word nie. Mens het 'n kar nodig om by Jeffreysbaai se hoofstrand uit te kom."