Geverifieerde Resensie
Augrabies
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Augrabies bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 466 resensies.
"Ek glo as die park weer oop is, sal dit die trip die moeite werd maak, veral as jy van ver kom om die waterval te sien."
"2000 km oor 3 dae gereis om dit te beleef. Was elke kilometer se reis werd. Moet in SANparks oorbly om die Augrabies voluit te ervaar."
"Fantasties. Net jammer dat daar so min plaasstalletjies wat vrugte van die omgewing bied, is. "
"Hou die weervoorspellings dop en as die damme in die Gariep begin oorloop, laat waai na Aurgrabies - dis dan valletyd!"
"As gevolg van Covid-19 kon ons nie alles benut wat Augrabies bied nie en dit was ongeleë dat restaurante toe was en winkels vroeg toegemaak het."
"'n Moet-besoek vir enige vakansieganger of reisiger wat 'n paar dae wil ontspan. Geriewe is netjies. Diens is goed."
"Dit was vir ons 'n belewenis! Jammerte dat as gevolg van Covid en als dat die curios-winkel en als toegemaak het binne die park, maar het dit nog steeds baie geniet."
"Augrabies is near attractions, convenient for day-to-day purposes, good scenery along the way."
"The falls are excellent, but it is a long way to go with not much else around. Five stars for the Pink Padstal's pies!"
"Maak seker jy besoek al die besienswaardighede op Salmon van Kleinbegin se lys! Ons tyd het te gou opgeraak. Met die besoek aan die valle en die rit deur die park, het ons nie by alles uitgekom nie. Ons wil graag teruggaan."
"Ligging is baie lekker naby die Augrabiesvalle. Ons gesin kon vroegoggend die valle besoek."