Geverifieerde Resensie
Bethlehem
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bethlehem bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.8 uit 5 gekry volgens 291 resensies.
"Bethlehem kan meer bemark word aangesien dit net 36km vanaf Clarens is, en dit baie meer bekostigbaar is as in Clarens. Dit het sy eie bekoring met 'n pragtige natuurskoon. "
"It was different from the typical holiday spots, we enjoyed Clarens and the drive around, not much to do though."
"Baie lekker dorp met klein dorp atmosfeer en vriendelikheid maar tog groot en modern genoeg om enigeen se smaak te bevredig."
"Bethlehem lê baie sentraal ten opsigte van die plekke waarheen mens wil gaan. Clarens is slegs 30km vanaf Bethlehem. Dit is baie ekonomieser om in Bethlehem te oornag en dan Clarens en Golden Gate toe te ry as om te probeer in Clarens akkomoddasie te kry. Bethlehem het baie goeie restaurante en eetplekke wat 7 dae per week oop is terwyl daar in Clarens op Sondae nie veel meer is om te kry na 1 uur nie. Bethlehem het oorgenoeg fasiliteite om alles te kry wat jy nodig het. Jammer, net geen fliek nie."
"La Provance is 'n baie netjiese en rustige area. Ek beveel die area enige tyd aan."
"Het net oornag daar en nie tyd gehad vir toeriste besoeke nie. Ken glad nie die dorp nie."
"Ons het nie regtig tyd gehad om Bethlehem en omgewing te verken nie. Ons was by `n troue by Lavender Hill en dit is asemrowend mooi!"
"Dink Bethlehem het 'n ryk geskiedenis en sal graag museum wil besoek. Ou sandsteen huise en geboue. "