Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 2068 resensies.
"Ek geniet Bloemfontein altyd wanneer ek daar is en ontdek elke keer iets wat my teruglok."
"Het feitlik alles wat die moderne reisiger nodig mag vind, is geografies goed geleë en vriendelik."
"Slegs oornag, nie rondgegaan, wel gaan kos koop, ons is darem gewoond aan strate vol gate!"
"Ons was daar op besigheid, UFS opedag, maar die dorp was baie netjies en skoon en die mense was baie vriendelik. Ons het nie enige toeriste-besienswaardighede besoek nie"
"Die stad Bloemfontein gaan met rasse skrede agteruit wat stadsbestuur aanbetref."
"Bloemfontein is 'n pragtige en skoon plattelandse stad met baie plekke om te besigtig."
"Hartseer oor hoe die plek agteruitgaan. Maar ons hou moed. Die hele Vrystaat is stadig maar seker besig om te probeer verbeter. Dalk sal ons Hoofstad ook beter word. Maar die inwoners probeer 'n verskil maak."
"I would only go to Bloemfontein if I had to for sports and business reasons. I felt it was very untidy, litter everywhere and the roads were full of potholes. It would not be my choice for a holiday."
"Bloemfontein in general is run-down and dirty, lots of rubbish lining the unkept pavements. There is a private entity that has improved some parts and has neatened up areas. Bloemfontein's saving grace is its friendly people."
"Dis aansienlik meer aangenaam om daar te wees vir maandelikse inkopies as voor dit onder administrasie geplaas is. Dis baie veiliger as Gauteng en relatief klein. Dit voel soos 'n dorp maar het meeste dienste, verskaffers en spesialiswinkels. Dis nie 'n mooi of onvergeetlike plek waarheen ek sal gaan as toeris nie. Maar dis die naaste stad vir al ons basiese behoeftes en dienste want ons bly in die BoKaroo."
"Bloemfontein het baie mooi plekkies en die dorp se mense is vriendelik. Dit is 'n ideale wegbreekgeleentheid, asook 'n baie praktiese plek om in te oornag indien mens reis."