Geverifieerde Resensie
Bloemfontein
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemfontein bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 2068 resensies.
"Stad kort baie skoonmaak. Baie agteruitgegaan afgelope jare. Ek hoop die in beheer kry selfrespek en trots."
"Kliëntediens by winkels in Loch Liogan waterfront uiters swak. Sal dit probeer vermy in toekoms."
"Sal weer daar 'n draai maak. Geskiedenis is daar belangrik om te besoek. Was vinnig by vroue Monument en sal teruggaan!"
"Die stad verval. Die sypaadjies is onnet. Vullissakke lê op die sypaadjies rond wat opsigtelik nie verwyder word deur die munisipaliteit nie. Ons het riool gesien wat oorloop. Dit spoel oor die pad. Ons was onaangenaam verras met die verval."
"Die instandhouding van die stad moet dringend aandag kry. Naval Hill is beslis nie meer 'n toeristebestemming nie."
"Ons was net vinnig daar, maar heiwelsig lyk soos 'n baie skoon en netjiese uitbreiding, lyk mooi."
"Net jammer dat Bloemfontein baie agteruit gaan weens 'n uiterse swak munisipaliteit."
"Town itself is a bit dirty and unkept. Potholes. Some sites were closed, after Google said they are open."
"Dienslewering is swak vanaf munisipaliteit, hulle neem nie die vullis weg nie. Almal sit swartsakke uit wat nie op gereelde tyd verwyder word nie, honde skeur dit oop en dit lyk onnet. Die inkopiesentrums is mooi met verskeidenheid van winkels. Gaan maar in Bloemfontein soos elke stad/dorp in onse mooi land."
"It was our second time visiting Bloemfonein in a matter of two months. Very efficient clean city. Locals friendly. Will certainly be back for another visit."