Geverifieerde Resensie
Bloemhof
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloemhof bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.5 uit 5 gekry volgens 54 resensies.
"Drove through the informal settlement and just saw happy people everywhere. As though it was Christmas."
"'n Fantastiese oorslaapplek. Een dag in Bloemhof is egter lank genoeg om alles te sien en te beleef, tensy mens 'n hengelaar is."
"Die nuwejaarsvuurwerke in die hoofstraat was definitief die moeite werd."
"Dorp self is baie vuil. Ons het gaan eet by “Die plek vannie visarend” teen die rivier en hier was dit heel aangenaam. "
"Baie lekker dorpie, met 'n baie mooi Spar wat alles en nog meer het wat jy nodig het. Sal definitief weer kom kuier."
"Bloemhof is 'n oulike en veilige dorp en baie gewild onder hengelaars. Die akkommodasie geriewe is puik vir almal, van bekostigbaar tot luuks."
"Deur die dorp gewandel en was heel verbaas om soveel pragtige goed onderhoude huise te sien met pragtige tuine."
"Die paaie na Bloemhof kort regtig aandag. Het gasvryheid beleef waar ons geslaap en ook by Why Not restaurant."
"'n Interessante dorpie. Ons het slegs oorgeslaap en nie behoorlik rondgekyk nie - die dam is heelwaarskynlik 'n besoek werd. "
"Dis die ideale plek om te gaan rus as die daaglikse bedrywighede te veel raak vir jou. Ek is daar gebore en Bloemhof sal altyd na aan my hart lê."
"Die straat name kan beter, dis nogal moeilik om straatname in die aand te kan sien. "