Geverifieerde Resensie
Bloubergstrand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloubergstrand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1064 resensies.
"Fantasties! Skoon strande, lekker eetplekke en lieflike strandfront vir stap, draf en see geniet."
"Ons as gesin soek altyd verblyf in hierdie area met 'n see-uitsig. Ons kom van Noord-Wes en wil nie graag in ander geboue vaskyk nie."
"Baie naby aan alles en pragtige uitsig van Tafelberg en Robbeneiland en het die pragtigste strand. "
"Hang af wat jy wil besoek. Redelik ver as jy die populêre toeriste plekke wil verken. Lekker naby Blouberg, wat 'n beeldskone strand is."
"Mooiste plek ooit! So mooi en baie veilig. Ons het elke aand geloop tot by die restaurante en terug huis toe geloop. Dis naby alles en so vreeslike mooi plek."
"Na aan groot winkels, restaurante en kroeë. Veilig en bied 'n asemrowende uitsig op Tafelberg."
"Lekker naby die strand geleë, baie eetplekke en besienswaardighede naby geleë."
"Bloubergstrand is 'n lieflike plek, veilig en vriendelik. Sal enige tyd weer daar vakansiehou."