Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 3215 resensies.
"Apollo Teater iets besonders. Merino restaurant en Ka'Roux restaurant baie lekker."
"Die dorpie is lieflik. Baie stil en rustig so tussen die berge. Daar is heelwat gallerye, restaurantjies en 'n baie oulike winkeltjie met enige voorraad wat jy moontlik nodig sal kry en hy is oop tot 20:00. Die Waenhuis se aandetes kan aanbeveel word - hulle maak 'n heerlike lambredie."
"Klein dorpie met die mees aktiewe polisiediens. Nog nooit soveel patrollies gesien nie. Strate stil. Pragtige kerkgebou. Heelike pizzas."
"Die dorp toon tekens van vernuwing, maar die strate is vuil en onversorg. Ek glo wel Covid het hier 'n baie erge effek gehad en hoop dat dit mettertyd weer sal verbeter. Ons kuier graag op klein dorpies en glo dat ons so 'n bydrae lewer tot die heropbou van gemeenskappe. Ons beste wense vir Hopetown se gemeenskap."
"Beslis ‘n oornag besoek aanbeveel. Goeie Karoo tjoppies en wyntjie in Sterling Restaurant herinner jou aan waar jy jou bevind. Vyf ster."
"Beautiful quirky town with historial significance and lots of interesting places to visit. Absolute recommend to anyone in a heartbeat. Only one negative, the road at the top of the pass, a mere 2 km from town, towards Doornberg and other farms had a garbage dump located there with plastic strewn far and wide across the craggy mountainside and across the stunning vistas. Bear in mind that unless you are a tourist specifically travelling out that way, you wouldn't know about this. Could be managed better by the town."
"Beautiful and interesting town. The NG church is magnificent. The Owl House is definitely worth a visit, as well as the Kitching Fossil Centre. The restaurants are lovely and the brewery also worth a visit. Friendly people, very quaint and picturesque town. Would love to go back for longer next time"
"Besoek gerus die Vet Muis restaurant. Hulle het ons toegelaat om ons honde in the bring en die kos was baie lekker."
"Soos meeste van die dorpies is dit maar klein en kom verwaarloos voor - kan nie die water drink nie, paaie is swak ens. Ons het nie kans gehad om besienswaardighede te besoek nie, want dit was 'n vakansiedag."
"Dorpie is uniek, maar nie veel om te doen nie. Stel vir seker net oornag oor. Twee aande was bietjie baie."