Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2548 resensies.
"Personeel het ons verwys na 'n resturant net om die hoek, weereens waarde vir geld, was dus nie nodig om wegneemetes vir aandete te nuttig."
"'n Absolute moet besoek. Een aand oorslaap is te min om werklik alles te waardeer."
"Such a lovely little town and breakfast at Die Vetmuis Plaaskombuis was a winner! Pity we arrived too late to have dinner there."
"Richmond is maar ;n klein dorpie, maar daar is darem genoeg winkels en eetplekke vir die oornagbesoeker."
"Sover ons kon sien, is daar net 'n gedeelte van die dorp wat netjies onderhou is. Gee nie 'n baie goeie indruk nie, maar voel nie onveilig nie."
"Ek het Richmond nogal as 'n stil en verlate plekkie ervaar. Die kerkgebou is besonders en trek dadelik aandag."
"Die dorp is redelik netjies, maar die verval is maar sigbaar. Covid het waarskynlik 'n rol gespeel met heelwat minder reisigers wat hier oorgeslaap het."
"Ek is so jammer dat 'n dorpie met soveel potensiaal so erg geraak was deur Covid. Ek hoop dat dit sommer gou weer sal straal. Maar wat my betref is dit steeds die perfekte ligging vir oornagverblyf tussen Kaap en Gauteng."
"Die dorp het 'n ryk geskiedenis wat glad nie genoeg bemark of oorgedra word aan mense nie."
"Besoek padstal buite dorp. Deli binne die dorp vir lekkernye en vleisgeregte. Oop op Sondagoggende met terugreis."
"Dit is ons 8ste keer op Nieu-Bethesda en vir seker nie die laaste keer nie. Dit is verblydend om te sien dat die juweel van 'n dorpie steeds van krag tot krag gaan."
"'n Juweel van 'n dorpie wat versteek is tussen die berge. Baie rustige atmosfeer. Nog nooit die Karoo so groen gesien nie!"
"Ek wens net die restuarant was beter. Ons het baie swak diens gekry. Dis bitter vuil daar binne. Onbevoegde kelner en geen beheer. Omdat dit al restaurant is in die dorp moes ons maar daar eet. Kos was maar gemiddeld. "
"Interessante geskiedenis en mooi gerestoureerde huise en teater. Ongelukkig soos meeste dorpe in die land word die infrastruktuur swak onderhou."