Verified Reviews
Bojanala
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bojanala
Rated 4.2 out of 5 based on 1234 reviews.
"Kan meer bemark word, maar die oorde rondom Buffelspoort het agtergebly met vooruitgang. Jammer daaroor, want daar is sulke mooi plekke wat van vergeet word."
"Daar is nie veel om te doen nie, maar dis so lekker rustig daar mens wil nie eintlik iets doen nie."
"In terms of access to the shopping malls and other places of interest such as the Kgaswane Nature Reserve, they are well located. The area itself is a quiet suburb."
"Aan te beveel. Ek sou graag 'n detailkaart van die omgewing wou kry. Een soos wat buite by Van Gaalen, die kaasmakery, is."
"Die feit dat Sun City baie naby is, maak Rustenburg 'n goeie bestemming vir 'n wegbreek. Ons het die aand lekker by die winkelsentrum gesit en eet."
"Nie baie besighede en aktiwiteite oop op Maandae en Dinsdae nie. Baie planne kon nie uitgevoer word nie."
"Mooinooi het baie te sien om hom en local restaurants, maar is maar soos Suid-Afrika vuil."
"Ek het op Rustenburg groot geword en sal altyd terugverlang. Daar is baie in die ongeewing om jou mee besig te hou. Maar ek moet ook sê, ek bly uit die sentrale deel van die dorp weg, is te besig. "
"Die teerpaaie se onderhoud het totaal en al verval. Beter om op grondpaaie te ry."
"Dis asemrowend. Ons het vier van die Groot 5 gesien in hulle natuurlike habitat. Die natuurskoon is ongelooflik mooi en die paaie na die bestemming is goed onderhou."