Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5716 resensies.
"Om in Stellenbosch oor te bly vir 'n paar dae is amper soos om in 'n Africana-skildery rond te loop: die ou geboue word met begrip liefdevol in stand gehou en gebruik. Die mense op straat was vriendelik soos mens jou Bolanders en ontspanne toeriste sal voorstel. 'n Juweel."
"Die Kaap bly die mooiste mooi en ek sal graag weer vakansie in die Kaap wil hou."
"Die dorpie is baie interessant, want dit is so geskiedkundig. Daar is genoeg wynplase om te besoek, as jy van die soort ding hou."
"Die area is lekker omdat dit nabygeleë aan baie restaurante en aktiwiteite is. Oor die feesseisoen is die dorp baie stil."
"Dis so 'n lekker rustige dorpie, klomp nice mense, en regtig lekker wyn om te proe."
"Die Strand het hierdie jaar onveilig gevoel met te min sigbare polisie. Dus het ons die meeste van ons dae in Hermanus of Bloubergstrand deurgebring."
"We love Strand as a holiday destination. Well situated. Close to Cape Town. Neat and clean. "
"Die Strand se strand is mooi en groot maar op openbare vakansiedae net te besig met swak dissipline van die besoekers wat dit ontoeganklik maak vir vakansiegangers in woonstelle."
"Bovlei is baie mooi. Doolhof en Diemersfontein se wyne is 'n moet vir 'n wynproe. As jy hou van "mountain biking", sal jy ook dit geniet om van die roetes daar te gaan uitry."
"Ceres is geleë tussen die pragtigste berge en sommer naby omliggende dorpe. Die Bainskloof-pas is asemrowend mooi. Sal beslis besoek in wintermaande."
"Die Paarl is die beste plek om oor te bly aangesien dit sentraal is en baie is om te doen en te sien. Die wynplase is almal 'n belewenis. Die Pinotage burgers by Byerskloof is 'n moet vir elke toeris wat Paarl toe gaan."
"Perfekte ligging om van te reis en alles wat die Kaap bied te kan geniet."
"Ceres was op 'n stadium ons droom aftreedorp, maar nie meer nie. Die dorp het baie groot geword, en met twee plakkerskampe voel mens nie eers meer so veilig nie. Ek glo nie ons sal sommer weer daar gaan vakansie hou nie."
"Gerieflik geleë in die Boland naby Paarl, Franschhoek en Stellenbosch sonder die buitensporige pryse van toeriste-bestemmings in die gebied. "