Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5716 resensies.
"It is a nice quiet country escape close to the towns of Tulbagh, Ceres and Worcester."
"Franschhoek is voorwaar nog 'n juweel van Suid-Afrika en word duidelik so bestuur!"
"Beautiful gardens. The roses are worth seeing, as well as the surrounding countryside and passes."
"Kikka in hoofstraat is tops. Paarlberg is verstommend. Verdien meer aandag as 'n besondere natuurbelewenis in die Kaap."
"Voel veilig, die uitstekende Spar is 'n groot bate en alles binne stapafstand vanaf die hoofdorp."
"Die mense is vriendelik en die eetplekke maak almal heerlike kos. Ons geniet die omgewing en die Spa-behandelings help met daardie rustige gevoel wat pas by die mooi van die gebied."
"Pragtige area, baie ontspanned en weg van die geraas en gewoel van ander vakansiegangers."
"Pragtige dorpie. Heerlike restaurant - probeer gerus die Belgian Kitchen se Hoenderslaai! Daar is ook pragtige winkeltjies en baie vriendelike mense! Tulbagh het 'n paar wynplase en is goed geleë om na Paarl of Stellies toe te ry vir die dag ..."
"Franschhoek is beautiful en ek sal dit aan enige iemand aanbeveel wat lief is vir wyn en lekker kos."
"Pragtige plek. Sal volgende keer langer wil bly. Ongelooflike mooi tonele."
"Ons het spesifiek Wellington gekies om oor die Bainskloof pas met ons motorfiets te gaan ry maar ek was absoluut versot op die hoeveelheid ou geboue in die dorp en my kamera het oortyd gewerk."
"Daar is pragtige plekke, die omgewing en die wynplase is ongelooflik mooi, maar vir die gewone mens onbekombaar duur."
"Ons is mal oor Tulbagh en sal dit altyd in ons reisplan inwerk wanneer ons deur die Kaapprovinsie toer."
"Dis 'n juweel net so 'n entjie van die Kaap af. Net wat 'n mens nodig het weg van die stad af. Die omgewing is pragtig en rustig."
"Lekker warm. Het net Taalmonument besoek op die dag aangesien ek ander verpligtinge gehad het, maar sal beslis weer terugkeer om 'n wyntoer of so te doen. "