Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5716 resensies.
"Worcester is 'n pragtige plek om te wees met sy groen plantegroei en die hoogste bome en die uitsig oor die dam is asemrowend."
"Baie mooi veral by die Karoo Desert botaniese tuine, en die mooi berge rondom Worcester. Ook lekker om by meeste plekke in Afrikaans bedien te word."
"Kan verstaan hoekom studente so graag daar studeer! Skoon en netjiese dorp!"
"Daar is soveel winkeltjies en wynplase wat nog moes besoek word - sal weer moet gaan!"
"Stellenbosch is 'n pragtige dorp. Ons het dit geniet dat jy oor al heen kon stap, want parkering is 'n probleem."
"Worcester is nog lank nie ten volle deur my ontdek nie. Ek dink daar is nog juwele wat ek nie gesien of besoek het nie, soos die Kleinplasie Mark, en al die tweedehandse en antieke winkels op die dorp. Ek is van 'n baie klein dorpie in die Overberg, en dus is Worcester so naby aan die stad as wat ek kan kom. Alles is daar binne bereik van elkeen. Die Mountain Mill Mall is uitstekend en ongelukkig kan mens nie leë hande daar weggaan nie."
"Pragtige omgewing met lekker restaurante en heerlike wyn in die onmiddelike omgewing."
"Baie gerieflik, sentraal geleë vir besoek aan wynplase en ander besienswaardighede, Stellenbosch het ook 'n rykdom van plekke om te besoek en menige goeie topklasrestaurante."
"It really is a beautiful region to visit. I find that the accommodation generally is slightly overpriced for the region. There are however some really quaint and boutique activities that you could do in the region."
"Best place to visit if you like a lively vibe. The students make the place a happy place and the restaurants and pubs are endless. Awesome wine routes are easily accessible."