Geverifieerde Resensie
Britannica Heights
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Britannica Heights bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 51 resensies.
"Britannica Heights is wonderlik, maar dit sal nie vir almal perfek wees nie. As jy werklike rustigheid soek om jou batterye te herlaai, is dit die beste plek. Soos genoem is dit bo op die berg by St Helena Baai en weg van die dorp af. As jy van besige plekke hou wat kook tydens die hoog seisoen, is Britannica Heights nie vir jou nie. Britannica Heights is meestal plotte waar die huise vêr van mekaar is wat ook maak dat dit lekker privaat is. "
"Fantastiese uitsigte en sonsondergange. Bietjie vêr van die see af, nie altyd 'n uitsig oor die see van meeste van die eiendomme nie. Konstante wind. "
"Na genoeg aan die dorpie vir gerief, maar ver genoeg dat dit steeds voel of jy behoorlik wegbreek."
"Die dorpie self is bitter klein, maar die dorpies lê knus teen mekaar, en ander moontlike vermaak is net 'n klipgooi van die ander."
"Ons is gereelde besoekers aan die Weskus en het nie gegaan om eintlik veel te doen nie, het net lekker gaan ontspan. Britannica Heights is lieflik stil en rustig."
"Die massiewe rotsblokke wat die omgewing versier lewer 'n indrukwekkende skouspel."
"As jy die branders wil hoor klots is dit nie die regte bestemming vir jou nie. As jy stilte en rus en vrede wil hê is dit die regte plek vir jou."
"Kon van Britannica Heights, Paternoster, Vredenburg, Velddrif en Lambertsbaai sien. Veral die nag-uitsig is pragtig. "
"Die area is baie stil en veilig en lekker hoog geleë. Dink dit gaan oor die volgende 10-15 jaar baie uitbrei."
"Dis 'n plek wat jou laat voel jy is op die hoogte van die wêreld met 'n uitsig oor die toekoms en die verlede, rustig en veilig."
"Baie pragtige plek wat mens rus vir jou siel en baie vrede bied! Selfs skilpadjies in die pad gesien en uile gehoor in die nag. Lafenis vir moeë stadsjapies se siele!"
"Beautiful location, away from the hustle and bustle of the city, with amazing views over St. Helena Bay."
"A great stop to get away from it all but not much there if you need to be entertained."