Geverifieerde Resensie
Calvinia
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Calvinia bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 554 resensies.
"Klein plekkie en 'n moet sien: die groot posbus is indrukwekkend en Die Blou Vy is 'n heerlike eetplek."
"Aangesien ons net oorgeslaap het was dit heerlik want die kerk het basaar gehad wat ons geniet het."
"Bespreek 'n eetplek vroegtydig op 'n Woensdagaand, dit raak redelik besig in die bekendste plekke."
"Calvinia is meerendeels 'n deurgangsdorp. Tog is daar genoeg geriewe vir mense wat langer as 'n dag of meer wil bly. "
"Pragtige skoon dorp met vriendelike inwoners, gerieflike B&B en besonderse eetplekke. "
"Baie mooi plattelandse dorpe. Sou langer wou oorbly om meer goed te sien en doen, al sou dit net wees om meer met die plaaslike mense te kon gesels. "
"Such a special place! Interesting people, beautiful old buildings and a clean, very friendly town."
"Baie rustige skoon dorp met alles wat nodig is vir 'n lekker kuier asook binne ry-afstand van baie besienswaardighede."
"Baie mooi dorp, goed versorg en skoon met vriendelike mense. Pragtige omgewing, maar ver om te ry."
"Calvinia is diep in die Hantam Karoo en daarom 'n klein dorpie met ten minste die basiese geriewe. Ek het nog nie veel tyd hier spandeer nie maar die mense is darem vriendelik en die petrol stasies in goeie werkende toestand."
"'n Pragtige dorpie wat heelwat beter in stand gehou word as die meeste ander plattelandse dorpe. Geleë in 'n pragtige omgewing."
"Netjiesste en skoonste dorpie wat ek in 'n lang ruk gesien het. Geluk aan die stadsvaders."
"Die dorp is baie mooi - weens tydsdruk kon ek egter nie alles sien nie - sou graag ook die Hantam-huis wou besoek."