Geverifieerde Resensie
Carnarvon
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Carnarvon bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.8 uit 5 gekry volgens 239 resensies.
"Egte vriendelike outydse Karoo-dorp met n bekoring soos mens net in die Karoo kan kry."
"Carnavon is nie 'n vakansiedorp nie, maar Loxton is wel 'n interessante plekkie om te besoek. "
"Die munisipale bestuur moet hulle werk begin doen: die dorp opknap en die SKA gebruik as lokmiddel om die dorp as toeristebestemming te vestig. As hulle nie 'n visie het om iets te doen nie gaan hierdie pragtige Karoodorp soos baie ander dorpies in ons land net verder agteruitgaan."
"Die munisipaliteit sal regtig werk daarvan moet maak om die waterprobleem op te los. Die museum is die moeite werd, maar dit is verval sigbaar in die dorp."
"Pragtige dorpie. Sal graag 'n dag daar wil deurbring en almal ontmoet. "
"Ideaal geleë na 'n lang dag se ry. Hier en daar laat die kleure van die huise mens dink aan die Bo-Kaap."
"Carnarvon is 'n tipiese Karoodorp, maar met The Lord's Kitchen om by te eet en Lord Carnarvon Guesthouse om by te oornag is dit baie spesiaal. As jy hou van "the road less travelled", maak gerus hier 'n draai."
"Ons het nie deur Carnarvon gery nie maar wel deur Loxton. Laasgenoemde is 'n baie oulike dorpie. G'n wonder dis genomineer as Noord-Kaap se dorp van die jaar nie. My ster-toekenning bo is vir die streek en nie vir Carnarvon nie. Ons vorige minder goeie ervaring van Carnarvon het ons laat besluit om eerder deur Loxton te ry."
"So 'n lieflike ou dorpie, maar die pragtige geboue in die dorp word nie almal mooi onderhou nie."
"Netjiese, skoon dorp! Glo as mens net wil rus is dit die plek om te wees."
"Tipiese Karoo - mens het baie meer tyd nodig want daar is té veel om te ontdek."
"Carnarvon en die Karoo is nie vir enige iemand nie. Ek hou van stilte maar ook om te kuier en lekker te gesels. In die opsig is Carnarvon en sy mense perfek. My volgende kuier gaan wees met die fokus op sterre kyk - buite die dorp is baie opstel plek met baie min lugbesoedeling."
"Carnarvon is 'n goeie keuse vir oorslaap. Dis 'n stil dorp en het n groot Spar as mens iets nodig het."
"'n Pragtige, tipiese Karoo-dorpie wat moeite doen om sy geskiedkundige geboue te bewaar. "
"Carnavon is 'n klein dorpie maar dit het soveel karakter. Die mense is vriendelik en die atmosfeer is hartlik!"
"Baie nice dorpie, sal enige tyd weer daar gaan kuier, mooi skoon en rustig!"
"Die dorp het egter slaghuise met die heerlikste vleis en 'n Spar wat goed toegerus is en in ons behoeftes kon voorsien. Heerlike vriendelike mense maak die ervaring soveel lekkerder."
"'n Mooi dorpie in die Karoo. Hierdie is een van die juwele op hierdie roete."
"There is not much to choose from in Carnarvon but a new restaurant has recently opened up - it has a pleasant ambience, as well as reasonable meal prices and seating facilities."