Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2765 reviews.
"Die dorp is klein en eetplekke min, veral as jy 'n toeris is wat na 'n lang pad iets wil kry om te eet, sou sê dis perfek vir 'n oornagbestemming maar nie langer nie."
"Die dorp het maar effe agteruit gegaan, maar daar is beslis 'n paar juwele soos Áltyd Lekker en die 4 Sheep-eetplek en Deli. Die Wimpy was ook heel vriendelik en die diens vinnig!"
"My verwagtings van Prins Albert was nie oortref nie. Het gedink dit gaan meer besonders wees soos bv. Clarens. Nie veel om te sien of doen nie behalwe stap, eet en drink. Die winkels ens. is nogals duur maar dit is seker te wagte vir 'n toerisdorpie. Dorpie self is pragtig en netjies."
"Daar is nie veel te doen in Klaarstroom nie, maar dit is deel van die betowering. Die sterre is so helder dat dit voel asof jy daaraan kan raak."
"Pragtige Klein Karoo-dorpie met baie bekoring! Ek sal graag effe langer hier wil deurbring volgende keer. PS - boek restaurante vooruit, hulle raak vinnig baie vol."
"Spookhuistoertjie was heerlik en die klein kerkie 'n bonus. Die Koffiehuis se kos was baie droog en lank voor die tyd gemaak, dit was sleg om eerlik te wees, moenie daar iets eet nie."
"Mense in die dorp is baie vriendelik, maar mens moet maar op jou hoede wees vir kwaaddoeners."
"Prins Albert kan al die seisoene in een dag hê, maar dis 'n gemaklike kuier in enige van die restaurante en 'n lekker atmosfeer."
"So baie geskiedenis en mooi geboue. Sal graag meer tyd daar wil spandeer"
"Besonderse dorp, op baie plekke hier voel dit asof jy in era van 100 jaar terug instap met die leivore en groot stukke landbou grond binne in die dorp."