Geverifieerde Resensie
Ceres
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Ceres bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 223 resensies.
"Die beste! Als was binne loopafstand van verblyf en ons aktiwiteit en rede vir ons besoek aan die dorp."
"Ons het in Ceres oorgeslaap, omdat my man die Tankwa Camino gestap het en hulle het in Ceres klaargemaak."
"Klein, maar besig. Vriendelike mense. Baie polisie teenwoordigheid. Interessante museum."
"As jy wil wegbreek om siel skoon te maak of net 'n bietjie kwaliteittyd saam met familie te spandeer weg van stadsgeraas, is Ceres beslis die plek vir jou. "
"Pragtige natuurskoon met baie wynplase in die omgewing om na toe te ry. Tulbagh ook 'n móét om te besoek. "
"Die natuurlike landskap rondom Ceres is uniek en moenie vergeet van al die vars vrugte waarmee hier geboer word nie."
"Ceres is 'n pragtige dorpie met eerste indrukke. Ek kon nie meer omtrent die dorp na eksploreer nie aangesien ek vir 'n werk aangeleentheid daar was en net vir een dag."
"Dit is opvallend hoe skoon die dorp is. Die inwoners van Ceres kan trots wees. Die natuur is asemrowend."
"Baie mooi plattelandse dorpie. Almal baie vriendelik. Baie mooi natuurskoon. Beslis 'n besoek werd. "
"Cherry picking at Klondyke Farm was a highlight. Magnificent view from the Gyropass View point."
"As ons dit ons permanente tuiste kon maak, dan het ons. Pragtige dorp."