Verified Reviews
Champagne Castle
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Champagne Castle
Rated 4.8 out of 5 based on 157 reviews.
"Wow, daar is soveel om te doen in die omgewing, selfs as dit koud is! Ons gaan beslis weer!"
"Gelukkig het die area baie om te doen en het nie agteruit gegaan soos baie ander plekkies in die area nie."
"Champagne Castle en die hele Drakensbergarea is 'n absolute juweel en so ryk aan verskeie voëlspesies, landskapsvorme, besonderse plantegroei en wonderlike, kreatiewe, hardwerkende, talentvolle en gasvrye mense. Mag die provinsiale regering spoedig die paaie se slaggate (potholes) na die hele mooie Drakensbergomgewing, spoedig herstel want in alle windrigtings is die slaggate erg. Ons het verskeie roetes gery en almal het groot slaggate gehad. Dit is baie, baie sleg vir toerisme en vir seker erg vir die plaaslike inwoners. Kan iemand nie 'n petisie opstel wat die inwoners, maar ook ons as besoekers, kan teken om 'n verskil te maak en die regering te oortuig om die paaie te herstel nie? Kan Afriforum en Solidariteit nie die saak vir die Drakensberg Verblyf en Toerisme besighede op 'n wettige en effektiewe, positiewe, geslaagde manier hanteer nie asseblief? Toerisme en plaaslike besoekers is noodsaaklik vir baie besighede in die Drakensberge se oorlewing. En Toerisme is groot werkskeppingsgeleenthede. Ons pragtige land en sy mooie mense het die herstel van die paaie nodig ter wille van veiligheid, inkomste, oorlewing, werkskepping, voedselsekerheid en ontspanning. Ons as besoekers het nodig dat die plekke oorleef en bly voortbestaan, want ons as dorpenaars en stedelinge het daardie lieflike verblyfplekke en besighede nodig in die Drakensberge se area, maar ook in die res van die land, om ons leë emmers te gaan opvul met stille natuurskoon, wonderlike gasvryheid, lieflike kreatiewiteit, ontspanning en vars lug. Ons het heel paaie ook nodig om te kan oorleef en voortbeweeg op ons reise na geliefdes, vir besigheid, werksverpligtinge, voedselsekerheid en produkte vervoer en rondbeweeg."
"Die paaie het net baie potholes wat dit moeilik maak om rond te ry. Verder fantastiese area en alles wat jy nodig het."
"Daar is heerlike staproetes, lekker eetplekke soos die Champagne Bistro. Die Valley Bakkery is ook 'n hoogtepunt. Die Champagne Valley is deur en deur die besoek werd!"
"We have returned to the area for a 3rd time in the year. The hiking trails, horse riding, stunning views and scenery captures us everytime."
"Lots of things to do. Nice pub just across the road from Swallowfields. Very nice burgers! The brewery a few klicks down the road is a treat. Also a nice coffee shop next door. Hiking in the area is excellent, ranging from short hikes suitable for kids to longer ones for more experienced hikers."
"Baie om te doen in die omgewing, maar dit sluit nie in dat mens koffie kan drink by Champaigne Castle hotel nie! Hulle is toe vir almal behalwe gaste."
"This is a lovely resort and dinner in an absolutely stunning setting. Very safe and secure. "
"Fantastiese omgewing met baie kultuur, geskiedkundige en natuurlike besienswaardighede maar ook genoegsame avontouurlustige aktiwiteite om elke dag vol opwinding te maak."
"Ons kom gereeld na hierdie omgewing in die Drakensberg en sal weer en weer kom. Daar is regtig baie vermaak en toeriste aantreklikhede wat die omgewing 'n ideale vakansieplek maak."
"'n Besige deel van die berge met baie aktiwiteite en lekker winkeltjies."
"Daar is soveel om te doen in die omgewing. Die stop by die Valley Bakery en Die Drakensberg Brewery is al 'n instelling. Die round-trip met die helikopter vlug is 'n belewenis en sal dit graag weer in die winter wil doen. 'n Besoek aan die Champagne Valley/Cathkin Park gebied is altyd 'n wenner."