Geverifieerde Resensie
Chrissiesmeer
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Chrissiesmeer bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 46 resensies.
"Die stadsraad kan meer aandag aan die strate en geboue gee. Dis 'n dorpie wat toeriste sal trek as verblyf ook beter is. "
"Mens moet tyd opsy dit om dié omgewing behoorlik te verken en te waardeer. Moet net nie inkopieplekke verwag nie. Dis meer vir natuurliefhebbers opsoek na iets anders as die Groot Vyf. "
"Dit het baie gehelp om met die mense van Chrissiesmeer te gesels en meer van die omgewing te leer ken! Esbie Bezuidenhout woon al 20 jaar daar en het 'n fantastiese kennis van die omgewing en sy geskiedenis. "
"Dit is presies in die middel van nêrens, wat dit baie gerieflik maak vir oorslaap in die Oos-Transvaal."
"Dit is 'n baie klein en pragtige dorpie, en 'n fantastiese plek om net te gaan ontspan. Baie mooi omgewing, met geen winkels of verkeer."
"Die dorpie het 'n besondere bekoring! Rustig en vreedsaam met die vriendelikste mense!"
"Not a lot going on in Chrissiesmeer but we enjoyed our evening there. The 260+ lakes surrounding the town offer unbelievable birdlife!"
"As jy 'n rustige wegbreek soek, is Chrissiesmeer die regte plek. Ons het eers die oggend van ons vertrek uitgevind dat daar 'n gedenkteken is ivm die vryheidsoorloë. McClouds behoort 'n pamflet saam te stel hiervan."