Geverifieerde Resensie
Chintsa (Cintsa)
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Chintsa (Cintsa) bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 90 resensies.
"Cintsa is stil met lang strande om op te loop. Dit is dierevriendelik en perfek as jy wil wegkom van die besige samelewing en wil rus."
"Baie mooi rustige plek. Moeite word gedoen om die strand skoon en netjies te hou. "
"Rustige dorpie met 'n stil, veilige strand, selfs in spitstye. Daar was twee dinge om die strand wat wel gepla het. Dit is 'n troeteldiervriendelike strand, maar eienaars maak nie agter hul honde skoon nie ten spyte van gratis sakkies by die ingang. Die badkamers is smerig selfs volgens strandbadkamerstandaarde."
"Die area en natuurskoon is pragtig en ons het regtig te alle tye veilig gevoel. Die superette (kafee) op Cintsa Oos was net vir ons teleurstellend en het nie als gehad wat ons nodig gehad het nie. Koop dus eerder jou eetgoed ens. klaar op Oos-Londen of waar ook al, voor jy deurry na Cintsa Oos. Die Crossways winkelsentrum net 'n entjie van daar af het egter ook al die nodige winkels gehad. Die paaie was beter as wat ons verwag het en mens kan lekker op ry tot by Morganbaai en Keimond en daar was nie te veel slaggate nie."
"Eerste keer in Cintsa en elke oomblik geniet. Hoop om gou terug te gaan of miskien af te tree!"
"Crawford Beach Lodge is great, however would not travel to the area if not staying at the hotel."
"The long beach is great, but the place seems a bit rundown and an aggressive car guard by the beach a bit unpleasant. "