Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3984 resensies.
"Enige iets is beskikbaar in die dorpie insluitend heerlike restaurante. Baie bedrywighede ook beskikbaar vir ons mans wat nie aldag in die winkels wil rondloop nie, soos gholf speel, vlieghengel en ook "River Rafting". Besigtighede soos Golden Gate wat baie naby aan Clarens is, is iets besonders en ook staproetes vir kranige bergklimmers."
"Die eetplekke (sommige) is baie meer bekostigbaar as wat ek verwag het. Daar is soveel mooi plekke dat mens sommer net kan stap oral heen. Die atmosfeer is feestelik en ontspanne ter gelyke tyd! Ons sal verseker weer gaan!"
"Ek dink pryse is bietjie buitensporig. Verder is dit geleë in 'n wonderlike natuurskone deel van Suid-Afrika. Asemberowende mooi natuurtonele. "
"Beslis die moeite werd - daar is baie om te doen, en die eetplekke en winkeltjies was goed. Ons sal verseker weer Clarens besoek. Dis rustig, lekker atmosfeer en 'n goeie breek om uit die stad uit te kom."
"Baie meer verwag. Buitensporig duur en diens in al die toeristewinkeltjies nie altyd goed nie. Matteplek baie goed en uitstekende waarde vir geld. "
"Oulike eetplekke soos Clementines, die Duitse Restaurant en die Brouery is 'n moet vir mense om heen te gaan."
"Clarens is really beautiful and the true gem of the Free State - the people are so friendly and there is so much to see and do in this "little" town. A weekend is just not long enough - so make sure you have an extended stay so that you can get the most out of your visit. "
"Ons kan nie genoeg na Clarens toe wegbreek nie. Dis 'n ervaring wat nie regtig beskryf kan word nie!"
"Daar is soveel plekke om te besoek, voel veilig om selfs in die aand daar rond te loop. Sal enige tyd weer terug gaan."
"Ons was gelukkig genoeg om sneeu ook te kry - perfekte afsluiting tot 'n perfekte naweek!"
"Ons het dit baie geniet! Baie warmte in die dorpie ervaar, te midde van die snerpende koue! Heerlik geëet by verskeie restaurante en almal was baie gasvry en vriendelik. Ons het oral goeie en vriendelike diens gekry. Dankie Clarens! Hoop ons sien gou weer!"