Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3984 resensies.
"Clarens is 'n moet om te besoek. Lekker koue bier en warm vars koffie oral beskikbaar. Die mense is vriendelik en verwelkomend. Winkeltjies miskien meer bekostigbaar vir internationale toeriste. Maar ons het ons kuier vreeslik geniet en sal dit aanbeveel. "
"Juweel in die Oos-Vrystaat, en die ligging tussen die berge, al die winkels en eet-plekke (dankie tog geen franchise eetplekke nie) maak dit 'n ideale naweek wegbreek."
"A clean, friendly town. Beautiful art galleries, interesting little shops and very good pubs and restaurants, A well-stocked general dealer with a very surly gentleman behind the counter!"
"Clarens en die Golden Gate is vir ons een van die mooiste omgewings in die land. Die Clarens Brewing Co beslis die moeite werd om te besoek."
"Mooi dorpie met baie plekkies om deur te loop. Jy kan meestal loop na waar jy wil wees. Die kaas winkel en brouery moet mens by stop. Al negatiewe ding wat ons beleef het, is dat daar 'n paar onverskillige bestuurders in die dorp is. Ons moes op 'n stadium uit die pad koes om nie raak gery te word nie. Baie onnodig."
"Dit is 'n interessante plekkie met baie om te doen en sien en veral eet. Het dit baie geniet en veral die feit dat dit nie gekommersialiseer is deur bv. kettingwinkels nie. "
"Baie goed geleë vir dag uitstappies na Fouriesburg, Ficksburg en Clocolan met die mooiste natuur landskappe op die pad. Het die plaasskou op Clocolan besoek en dit geniet om van melee se manier van dinge doen op die plaas te kon aanskou."
"Wonderlike plek om 'n paar dae te gaan rus. Die omgewing bied egter so baie dat rus bykans onmoontlik is maar die vars lug en vriendelike mense is altyd wonderlik. "
"Duur vir die gemiddelde Suid-Afrikaner, ons wil graag lekker ons land besoek en geniet, maar word meeste van die tyd uitgebyt. Veral pensionarisse wat dit moeilik vind, en tog ook ons mooi land wil geniet."