Geverifieerde Resensie
Nxuba (Cradock)
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nxuba (Cradock) bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 313 resensies.
"'n Pragtige omgewing met sy Karoo-berge en besproeiingsplase. Die Bergkwaggapark is ook 'n groot pluspunt. So ook die beroemde NG Kerkgebou en die Olive Schreiner-museum. Soos baie dorpe in die platteland laat die inwoners die dorp werk ten spyte van die munisipale wanbestuur. Cradock is beslis die moeite werd om te besoek."
"Cradock is a lovely town, well kept and clean. The buildings and houses were well maintained and the shops clean and well stocked."
"Pragtige dorp en hartsmense in die Karoo, 'n moet vir oorslaap om die dorp en sy mense beter te leer ken."
"Cradock is in geheel duur, maar ons moes eenvoudig gaan, en het dit baie geniet. Ou dorpie, met baie karakter. Enige toeris moet dit beleef."
"Die dorp het nie die bekoring wat 'n mens van so 'n geskiedkundige dorp sal verwag nie."
"Die paaie in die dorp is vol gate. Baie vuil wanneer jy die dorp verlaat aan die suide kant."
"Die dorp is erg vervalle en die strate is in 'n toestand en baie moeilik rybaar met klein karretjies. Letterrlik dongas in teerpaaie in dorp en tussen huise. Water nie drinkbaar. Munispale dienste bestaan nie."
"Die dorp word vernietig deur duisende vragmotors wat daardeur ry en die paaie vernietig!"
"Mount Zebra Park was beautiful! We drove the Swaerss Hoek Pass - magnificent! The Schreiner museum was interesting. For breakfast or lunch The Shed is a great place. Dinner was difficult. "
"Ordered Karoo lamb from Die Wilgers Slaghuis and collected it on our way home. Excellent service and highly recommended Karoo lamb. Will definitely be back."
"Cradock self was onaangenaam vuil, baie slaggate met stukkende paaie - die munisipaliteit doen baie min om die stad te versorg. Die verblyf was goed, maar Cradock teleurstellend."
"Cradock is 'n dorp ryk aan geskiedenis en ou geboue. Ek hoop dit bly beware vir die nageslag."