Geverifieerde Resensie
Nxuba (Cradock)
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nxuba (Cradock) bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 313 resensies.
"Sekerlik 'n geskiedkundige dorp met pragtige ou sandsteengeboue. Baie jammer dat die meeste strate se ryvlakke baie aandag verg. Ons het twee nagte oorgebly en soos beplan die Bergsebra NP wat enkele kilometer weg is, besoek. Nie veel wild gesien nie, maar die omgewing en uitsigte op die verre horisonne is asemrowend mooi. "
"Min plekke om te gaan vir aandete, maar heelwat wegneemeetplekke om daarvoor op te maak."
"Pragtige historiese huise. Mooi argitektuur. 'n Juweel in die Karoo."
"Op 'n Sondagaand is 'n lekker eetplek 'n probleem, maar daar is steeds genoeg wegneemetes om van te kies."
"Indien jy die Egg Rock wil besoek, die pad daarheen is baie sleg en nie toeganklik vir lae voertuie nie. Ons kon baie stadig meer as die helfde van die pad ry met 'n Renault Sandero, maar moes die laaste kilometer te voet stap. Absoluut die moeite werd om die snaakse ronde klip te gaan besoek wat lyk asof hy enige tyd sal omrol. Dit was 'n belewenis om die groot Visrivier te sien afkom. Water wat van Gariep af gekom het, een van die redes hoekom die groot Visrivier selde droogloop soos baie van die ander spruite en riviere in die omgeweing."
"Cradock is een van die klein Oos-Kaap dorpe wat nog goed in stand gehou word. Woonbuurte is skoon, huise vertoon pragtig, tuine van huise is pragtig. Lieflike Spar. Skole en gronde is goed versorg!"
"Unfortunately the hot springs have been left to go to rack and ruin.Everything is closed on a Sunday, no eating establishment was open. Even the Super Spar closes at 1:00, fortunately we had breakfast at Irelander and could do a braai in their amazing braai facilities."
"Wat 'n verrassing! Klein maar daar is soveel om te sien en kan lekker koud raak!"
"Ek het heerlik rondgestap in die veilige dorp. Ek was in verskeie oulike winkeltjies. he Shed was n wenner, baie mooi kwekery. Lekker koffie daar gedrink. Cradock is 'n pragtige dorp. "
"Baie mooi omgewing. So groen en plaaslike mense is vriendelik. Die breë strate is wonderlik, maar kort definitief instandhouding en aandag."
"It’s a great stop over to and from Joburg to the Cape, we were only there for one evening so didn’t really have time to explore. "
"Scruffy town, in need of a lot of work to roads, and need to be more tourist friendly."
"Skattige Karoodorpie vol geskiedenis. Die strate is effe verwaarloos en daar is baie trokke, maar dit is per slot die N10-deurgangsroete. Vir ontbyt en goeie koffie is True Living die plek."
"Baie mooi met die ou geboue. Laat 'n mens voel of jy teruggegaan het na die vyftiger jare toe."