Geverifieerde Resensie
Cullinan
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cullinan bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 107 resensies.
"Cullinan is naby aan die stad. Klein, rustige kunsdorpie met heerlike restaurante!"
"Ons wil vir seker weer gaan, was op 'n Dinsdagaand daar, volgende keer gaan ons oor 'n naweek om al die mooi historiese plekkies te beleef, ons is mal daaroor."
"Bo-grond-myntoer saam met Grace was baie insiggewend. Museum en al die winkels was interessant."
"Beeldskone klein dorpie, met klein, maar oulike winkels en restaurante om by rond te loop. Was vir die bier-fees daar en dit was heerlik! Sal verseker weer terugkom vir die volgende een. Skoon en netjiese dorpie wat 'n mens se hart steel! Gaan die myntoer met die volgende naweek kom verken."
"Klein dorpie met 'n groot hart. Vriendelike kleinsake-ondernemers! Ek is mal oor die klein winkeltjies en lekker eetplekke."
"Lovely restaurants, had supper at the Cullinan Hotel and received a small history tour from one of the employees. Sunday we went to visit the vintage shops and we enjoyed every minute. We will be back soon."
"You would need your own car to travel around. Uber or Bolt is not available in Cullinan."
"Ek vind dat baie van die kleiner besighede nie die nodige borde het om hulle self te adverteer nie en behoort baie meer besigheid te doen as hulle dit doen. Miskien moet hulle 'n Facebook groep stig waaraan al die besighede behoort en waar hulle mekaar help met bemarking. As een voete trek sal al die ander ook daarby baat vind."
"Cullinan is maar 'n klein dorpie. Een dag is definitief al wat nodig is om Cullinan te besigtig."
"Great for a weekend getaway either for the day or just a sleepover. Not many places open to eat after 19:30 on a Saturday night."
"Janharmsegat, so aantreklik dat mens nie kan help om 'n randjie of twee te spandeer nie. Al die besighede in Oak Avenue, vriendelik en netjies."
"Enige tyd net so goed vir n besoek indien nie beter as Clarens of ander meer erkende bestemmings."
"Ongelukkig was meeste plekke toe op Maandag en Dinsdag, maar steeds 'n rustige plek vir 'n wegbreek."
"Klein Dorpie met baie historiese agtergrond. Sal graag meer as 1 dag daar wil spandeer. Let net dat geen winkels in die aand oop is nie so koop vroeg aandetes ens."
"Die Cullinan ervaring was fantasties. Die eetplekkies is baie oulik met 'n lekker atmosfeer. Dit is 'n wonderlike plekkie om 'n naweek by deur te bring."
"Ek kan dit aanbeveel vir mense wat 'n bietjie van hulle stres wil ontslae raak. Die mense is baie vriendelik."