Geverifieerde Resensie
De Kelders
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in De Kelders bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 191 resensies.
"Rustig en stil. Geen voertuie wat rondjaag nie. Geen harde doef-doef musiek nie. Salig."
"Baie geskiedkundige, mooi en interessante dorp en omgewing. Toegang tot pragtige see- en fynbos-staproetes."
"Ons het De Kelders skoon en vriendelik gevind. Die natuurskoon is pragtig en ons het veilig gevoel terwyl ons vir ver ente gestap het. Dis sentraal geleë en kon ons vandaar heerlike dagtoere doen in die omgewing. Sal De Kelders enige tyd aanbeveel by familie en vriende."
"Ek hou baie van De Kelders en die uitsig bo van die kranse af is baie mooi. Die paadjies om langs die krans te loop is mooi uitgelê."
"Ek wil met alle geweld daar kom woon! Dit is 'n rustige, mooi en skoon plek."
"Baie mooi en netjies en skoon. Heerlike om te gaan stap 'n mens voel altyd veilig."
"Naby Gansbaai en Hermanus sowel as Stanford en Uilenkraalsmond, lekker strandjies by die natuurgrotte, natuurreservaat ─ wonderlike natuurskoon!"
"Nie super baie om te doen vir jongmense nie, maar Hartenbos darem nie te ver nie. Pragtige area met ongerepte natuurskoon. "
"Baie lieflike en rustig plek ek sal enige tyd weer daar gaan vakansie hou."