Geverifieerde Resensie
Delareyville
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Delareyville bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 2.9 uit 5 gekry volgens 12 resensies.
"Die dorpie is biejie klein en daar is nie veel te doen in die dorp self nie, 22 minute buite die dorp is Baberspan, wat 'n verrassing was dit om daar te gaan draai. Daar is 'n voëlreservaat en jy kan tot voëls sien wat jy gewoonlik net by die see sien soos pelikane en seemeeue. Die water is baie skoon. Ek gaan definitief terug soontoe om weer tyd daar te spandeer."
"Ons het bloot vir familie gekuier. Delareyville is aanvaarbaar vir oornag, maar daar is bitter min vir toeriste om te doen. Die enigste restaurant op die dorp se diens was maar taamlik treurig. Sal dit beslis nie aanbeveel nie. Die mense van die dorp is wel baie vriendelik."
"No places of leisure except for drinking alcohol. No markets or alternatives to KFC or food from Spar."
"If you are looking to get away from the hustle and bustle of the city this would be the perfect destination."
"Pad vanaf Ottosdal is baie baie sleg en hou 'n gevaar in vir reisigers deur die dag of nag. Verskriklike groot gate in die pad wat nie altyd sigbaar is nie. Dorp is tipies die plattelandse dorp met sy mense wat orals kuier."