Geverifieerde Resensie
Die Boord
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Die Boord bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 77 resensies.
"Die middedorp is binne loopafstand. Daar is 'n supermark baie naby en Die Boord is 'n stil, rustige area. Vir my doeleinde was dit ideaal."
"Oulike woonbuurt weg van die besige Stellenbosch middedorp. Het self vroeër jare daar gebly."
"Lekker sentrale area met toegang na al die roetes wat jy sal wil besoek."
"Woonbuurt, naby aan (stapafstand van) supermark in sentrum met restaurant (bedags), wegneemete-restaurante, OTM's ens. "
"Voel veilig, die uitstekende Spar is 'n groot bate en alles binne stapafstand vanaf die hoofdorp."
"Die Boord is ideaal omdat dit so toeganklik is vanaf enige rigting. Dit is naby aan die dorp geleë, maar ook ver genoeg vanaf die studente bedrywighede."
"Dit is naby die studentedorp, maar nie deel daarvan nie, wat dit rustiger maak. Daar is goeie fasiliteite. Dit is naby die hoofweë."