Geverifieerde Resensie
Die Bult
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Die Bult bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 75 resensies.
"Naby aan die NWU-kampus. Glo wel die area kan gevaarlik raak na donker."
"Dit raak al hoe meer verwaarloos op Die Bult. En ek moet sê die winkelsentrum gedeelte voel nie so veilig nie. Die area is goed geleë as jy by die universiteit wil wees."
"Die Bult het goeie restaurante. Die Akker se ontbyt is aan te beveel. Uitstaande waarde vir geld."
"Vir enige oud-student, sowel as studente-ouer is verblyf naby die Bult 'n moet. Selfs tydens Desember, sonder studentelewe is die Bult se "vibe" steeds aanvoelbaar."
"Alle studente wat ek teëgekom het was vriendelik en het my as vreemdeling met respek behandel."
"Aardklop bo! Heerlike kos op die Bult - verskeidenheid vir elke smaak. Die atmosfeer is ongelooflik! Lekker vibe, lekker kos, lekker veilig, sommer net lekker ..."
"Bly dat Aardklop weer terug is op Die Bult; dit gee soveel atmosfeer aan die fees."