Geverifieerde Resensie
Dinokeng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dinokeng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 526 resensies.
"Die persoon by die Tau kantoor waar die bewaringsfooi betaal word wou nie vir ons 'n kwitansie uitreik nie. Hulle voel dit is onnodig. Dit skep egter 'n vraag by my. Word al die geld wat betaal word wel vir bewaring aangewend?"
"Dinokeng se roetes is nie baie mooi en verstaanbaar gemerk nie. Die kaart van Dinokeng lees ook nie baie maklik nie. Die paaie is nie baie goed gemerk nie. Die personeel by die hek waar ons die ingangstarief en bewaringsfooi moes betaal is nie goed opgelei nie. Daar kort nog heelwat opgradering in die park sou ek sê."
"Uitstekende wegbreek so naby aan Johannesburg met volop verskeidenheid wild. Baie goed uitgelê."
"Pragtige diere waarvoor jy nie hoef te gaan soek nie. Hier het ek meer diere gesien as wat ek al ooit in die Krugerpark gesien het."
"The reserve is a beautiful place. I wish guests staying over could be given a special pass because we asked to pay R80 when we went to the shops and told that we have to pay the same amount the following day. My partner negotiated with them and we were given a letter to produce the following day."
"Dinokeng is 'n pragtige reservaat wat nie die blootstelling daar buite kry wat dit eintlik verdien nie. Maar dan, dis 'n juweel van 'n plek wat jy nie met iemand wil deel nie (tong in die kies en met 'n oog-knip)."
"Ons was die Sondag in Dinokeng en het 'n selfrypas bekom teen 'n baie billike prys. Ons het baie wild te sien gekry, selfs die leeus. Die kaart is verstaanbaar en die paadjies mooi genommer en uitgewys. Daar is 'n paar plekke waar ons bietjie verdwaal het omdat 'n padaanwyser gedraai was, maar ons het gou weer ons pad gevind by die volgende padaanwyser."
"Ons het nie Dinokeng as toeristebestemming gebruik nie. Sal dit graag volgende keer wil doen. Slegs oornag-akkommodasie."
"Persoonlik dink ek dat die kostes op die "self-drive" baie hoog en nie regtig die moeite werd is nie."
"Dinokeng is letterlik op ons voorstoep! Dis nie nodig om 5 ure Wildtuin toe te ry om die bos-gevoel te kry nie. Ons geniet Dinokeng en gaan gereeld, al is dit net vir die dag."
"In die 3 dae wat ons baie rondgery het op die "self-drive" roetes het ons geen teken van die sogenaamde Groot 5 gesien nie. Die boksoorte, sebras en kameelperde is redelik volop."
"Lekker naby die stad. Wilsritte se pryse verskil vanaf R180 pp tot R300 pp. Bespreek vroegtydig."