Verified Reviews
Dinokeng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng
Rated 4.4 out of 5 based on 445 reviews.
"Gaan besoek gerus Mystic Monkeys and Feathered Creatures Zoo. Dit is 'n wonderlike, skoon en netjiese privaat dieretuin met omtrent alle moontlike ape, voëls en wilde katte daar te sien."
"Interesting area - lots of history and obviously the underground tour of the Cullinan mine is a unique tourist attraction, as are all their little restaurants and gift shops leading to the mine entrance."
"Baie mooi, maar ek verstaan nie hoekom dit so baie kos om op jou eie deur die park te ry nie. Die park asem werklik heerlike wildtuin atmosfeer in. "
"Alhoewel ons nie veel diere gesien het nie, is Dinokeng werklik 'n lushof as toeristebestemming."
"Dinokeng is baie belowend. Sal dit baie graag weer wil besoek, maar dan sonder die gejuig en gejubel van ander gaste wat duidelik nie 'n bosveldervaring soek nie. Die self drive-kaart kort 'n opgradering - heelwat van die punte is nêrens op die kaart te siene nie. Mystic Monkeys 'n belewenis! Heerlik geëet by Ngata Lodge. "
"Beautiful location close to Jhb/Pta. The self-drive routes could be better marked at intersections, especially where the roads are unsuitable for sedans."
"Ons is vreeslik beïndruk met die model waarop Dinokeng werk. Ons is bang vir te veel rus kampe deur die groter Dinokeng gebied, maar dit was glad nie oorweldigend gewees nie. Dit het gevoel soos om deur die Wildtuin te ry, maar beter, want dis net hier by ons en nie so duur nie :)"
"Na 9 word alles opgerol - lekker stil kuierdorp met genoeg om te doen vir naweek."
"Not as many animals as in Pilansberg, but a very good weekend place for people from Gauteng."
"Dit is baie lekker om die Groot 5 so naby aan Johannesburg en Pretoria te hê. Daar is genoeg verblyfopsies om elke smaak en sak te pas. Ideale plek vir 'n naweekwegbreek in die bos."
"Dinokeng het nog baie min wild. Dit was bietjie teleurstellend. Ek glo die toekoms sal dit 'n treffer reservaat word. Ek het dit geniet om die relatief mak wild en voëllewe wat ons gesien het van nader te beskou, die voertuig af te skakel en my tyd saam met die wildsoort te spandeer. Ek is lief vir die natuur en wildslewe en dit was vir my lekker en ontspannend. Eintlike vraag: JA ek sal weer sommer op 'n afdag soontoe gaan JA."
"Die natuurreservaat se paaie is nie baie goed gemerk op die kaart wat jy by ontvangs kry nie, so dit is deurmekaar as jy op 'n selfdrive gaan. Sou die roetes op die kaart beter aandui."
"Area is lovely and we will be back to view more animals. Thank you for taking such good care of our natural heritage."
"Puik en toeganlik en is 'n klipgooi weg van die stad en sy gevoel, baie diere gesien, sal graag my eie plek wil bekom in die reservaat."