Geverifieerde Resensie
Doringbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Doringbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 198 resensies.
"Fryers Cove Restaurant is uitstekend, ons het lanklaas sulke lekker kerrievis en viskoekies gehad. Doringbaai is baie rustig en stil."
"Kan nie genoeg kry van die plek nie, die rustigheid is net onbeskryflik. Sal daarheen trek, vandag nog as ek kon!"
"Die lekkerste seekos geniet by Seeplaas Restaurant, stapafstand van blyplek."
"Freyers Cove in Doringbaai en Kommietjie in Strandfontein het albei mooi uitsigte en die lekkerste kos teen goeie pryse."
"Die mooiste sonondergang. Al wat gepla het is op 2 plekke wat ons gestop het, het die plaaslike inwoners gepla met dronkstories."
"Doringbaai kan verblyf bied vir blomme liefhebbers. Daar is nie groot kuierplekke nie. As jy ’n natuurliefhebber is dan is Doringbaai ’n moet!"
"Lekker rustig. Net die plek om te ontspan. Net 'n groot draai van Kaapstad af as jy nie grondpad wil ry nie."
"Dis 'n klein, rustige dorpie. Die polisie is teenwoordig en doen gereeld patrollie. Ons het baie veilig gevoel."
"Pragtige omgewing, rustig en veilig. Die ander twee restaurante (Seespens & Jetty Restaurant) is tops. Geen swemstrand of kruideniersware-winkel nie, maar Strandfontein, Vredendal en Lutzville is relatief naby. Bekostigbare akkommodasie."
"Ek is 'n oud-Doringbaaier en dis altyd 'n tuiskoms! Dis 'n verruklike klein Weskus-dorpie wat nooit sy bekoring sal verloor nie!"
"Ons het gaan blommekyk in Nieuwoudtville, maar ek het nie besef dis so ver van Doringbaai nie, (moet leer kaartlees). Die pad is goed en baie mooi, soveel verskillende landskappe. Beste van 2 wêrelde gehad, beste see-uitsig en mooiste blomme al die pad."
"Doringbaai is 'n pragtige, rustige plek. Ek's nie spyt day ek dit gekies het vir 'n breakaway nie. Sal enige tyd weer terug gaan!"
"For some it will be all they ever want or need. For us as a family it was really stunning, just a little far from other things to see and do on the west coast. I would go back in a heartbeat, but just without the kids."