Geverifieerde Resensie
Dwarskersbos
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dwarskersbos bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 391 resensies.
"Eersteklas gemeenskap. Vriendelik, hulpvaardig, het respek, skoon omgewing, wat dui op trots en toewyding van elkeen betrokke. "
"Die basiese benodigdhede kan jy sommer op die dorpie kry en as jy regtig meer benodig, is Velddrif om die draai. Die plaaslike restaurantjie bied ook goeie waarde vir geld. "
"Die dorp is heerlik stil en skoon. Lekker om bietjie weg te kom van die stad se gejaag. Sal definitief weer teruggaan Dwarskersbos toe in die toekoms. "
"Baie mooi plekkie om te besoek. Jy voel werklik veilig hier. Dis ideaal as jy wil wegbreek van die stad se woelinge sowel as al die tegnologie waarmee ons heeldag gebombardeer word. As jy jouself kan vermaak, is dit die plek vir jou."
"Wanna experience one of Gods creations without spending money, visit this area."
"Ten spyte van die rooigety, heerlik rustig en oop met fantastiese sonsondergange en 'n baie lang strand om te gaan stap. Mal oor die plek. "
"Kilometers lieflike strand sonder veel mense. Naby en ver genoeg van dorpsarea. Het algemene handelaar met als wat jy nodig het. Tien minute per motor van ander dorpsgeriewe. "
"Die beste vakansieplek aan die Weskus! Vir my is hier baie kinderjare-herinneringe. Sal altyd weer besoek."