Geverifieerde Resensie
Elands Valley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Elands Valley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 144 resensies.
"Soos alle kleindorpies is die verval maar opmerklik. Die omgewing is pragtig met baie staproetes en besienswaardighede."
"Soos vele klein plekkies oral oor die land, het Waterval Boven agteruitgegaan, veral nadat die spoorweg gekwyn het. Daar is wel tekens dat huise opgeknap word, dus dalk nuwe inwoners wat intrek. Hier is pragtige landskappe en interessante plekkies om te besoek, soos Krugerhof in Waterval-Onder. As jy die ou NZASM-tonnel en Elandsrivier-waterval besoek, doen dit in 'n groter groep vir eie veiligheid - en wees bedag op 'n gids wat slegs jou geld wil hê."
"Great if you want to mountain bike ride, otherwise out of the way and bad road."
"Pragtige omgewing en veral die bergklimroetes in die omgewing waar ons al talle kere gaan klim het."
"Baie besienswaardighede in die omgewing rondom Marlothi Chalets - perfek geleë tussen die berge."
"Die dorpie is baie klein en 'n bietjie verwaarloos, en daar is soms krag- en waterprobleme."
"Die natuur is pragtig, ongelukkig het die ekonomie sy tol ge-eis op die dorpie, maar baie vriendelike mense wat daar woon."
"The only places worth visiting are Epa! Farm and I found the graveyard and Mozambique disaster site worthwhile. The waterfall near the old tunnel is nice to see, but the platform looks quite dangerous, it caught fire, and I found it scary."
"The place in beautiful and a good outing destination. The lake, mountains and quietness."
"Die dorpie het soveel potensiaal maar het "some tender loving care" nodig."
"No tourist information, potholed roads. The surroundings are beautiful but it is not effectively marketed."
"Ons het slegs Dullstroom besoek en was aangenaam verras toe ek Piet Pompies (Pieter Risghmuller) van DJ Ossewa faam, Saterdag daar raakloop en lekker kon luister na hom en sy nuwe orkes, saam met Vabond die dromspeler by een van die restaurante."