Verified Reviews
Elysium
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Elysium
Rated 3.9 out of 5 based on 15 reviews.
"Elysium is 'n klein ongerepte bestemming. Daar is weliswaar geen winkels of ander besighede nie, maar net om die draai daarvan by IFAFA karavaanpark is 'n winkel, restaurant en drankwinkel. Die naaste groter besighede is so 20 minute se ry verder."
"Gemaklike privaatheid met strand. Wel nie swemstrand nie, maar rustig en kalm. "
"Dis 'n baie rustige en klein plekkie. Vir wegbreek van alles en stadslewe, gaan gerus! Die omgewing is beeld skoon."
"Please build some places of entertainment e.g park, beach bars, shops. It's a good place but it gets boring!"
"Kan moontlik uitbrei in die toekoms met meer restaurante en wegneem-eetplekke. Op die oomblik moet 'n mens 60 km ry om 'n ordentlike eetplek te kry of as jy iets te ete nodig het. "
"Elysium is stil en rustig en die regte plek om weg te breek van al die vakansie lawaai. "
"Ek was heerlik verras toe ek uiteindelik op die LekkeSlaap-besprekings afkom nadat ek desperaat was vir 'n plekkie in KZN. Ek kan nie glo ek het nog nooit van julle gehoor nie en nog minder van Elysium. Ek was bekommerd toe ek Elysium in lewende lywe sien. Stil plekke maak mens bang, maar Brenda het ons gerusgestel en teen die tweede aand het ons oopdeur geslaap. Kinders sal dit nie geniet nie, want dis te stil, maar ek het die rustigheid baie geniet."