Geverifieerde Resensie
Fichardt Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Fichardt Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 210 resensies.
"Ons het net 'n oornagplek gesoek so ongeveer halfpad tussen die Kaap en KwaZulu-Natal. Bloemfontein het in die doel beantwoord en Fichardt Park se ligging na aan die snelweg was ideaal. Ons het gekom, geslaap en voor sonsopkoms weer vertrek. Ons het geen benul wat in Fichardt Park aangaan nie. Dit lyk na 'n gemiddelde, netjiese woonbuurt, maar of daar iets is waarin toeriste sou kon belangstel sal ek beslis nie weet nie. "
"Dit is 'n stil en rustige voorstad met ruim strate en die straatname is goed aangedui."
"Baie goed geleë en naby alles. Vandaar kan jy enige ander plek binne 15 tot 20 minute bereik as die verkeer nie te besig is nie."
"Fichardtpark is goed geleë, naby 'n groot sentrum en nie te ver van die N1 af nie."
"Afhangend watter besigheid jy daar gaan doen, ons het kliënte onthaal en bietjie rugby toe geneem. Ongelukkig net een nag vertoef, maar ek sal enige tyd hierdie ligging aanbeveel. Rustige en stil omgewing!"
"Dit is 'n gewone woongebied. Wegneemkos, bankgeriewe beskikbaar minder as 'n kilometer van die gastehuis."
"Ons het slegs oornag, so ons kan nie werklik kommentaar lewer nie. Lyk egter na 'n mooi en rustige omgewing. "
"Fichardt Park is ideally situated if one wants to get in and out of Bloemfontein with ease. We did not go into the suburb. "
"Rustig en stil vir 'n goeie nagrus asook nie te ver vanaf die hoofroete nie. Eetplekke baie in 'n radius van 2 tot 3 kilometer bekombaar."
"Rustige voorstedelike woongebied en die ligging hang mos maar af van waar jy wil wees. Straat name is lekker duidelik."