Geverifieerde Resensie
Fouriesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Fouriesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 556 resensies.
"Ons het nie regtig in Fouriesburg rond gekuier en gery nie omdat ons van ver af gekom het. Dus moet ons weer 'n kuier reël om die dorp te gaan verken."
"Die Plaasstoep Restaurant se aandete en diens was baie goed. Clarens is 35 km weg waar daar meer aktiwiteite is, maar ook baie meer besig."
"Ons was net daar vir Mighty Men Maluti, maar was geskok om te sien daar is nie 'n ketting winkel soos 'n Spar of iets en ook nie 'n wegneemeetplek soos KFC, alhoewel ons besef dis 'n klein plaasdorp so meer verwag. "
"The Eastern Free State is a beautiful part of the world with gorgeous mountain views. I live in the Northern Drakensberg and so am spoilt with mountain views, but these were incredible!"
"Die Op-die-stoep restaurant was baie oulik en kon steeds kos bedien al het hul beurtkrag gehad. "
"Meiringskloof Natuurreservaat in Fouriesburg is absoluut pragtig en beskik oor die heerlikste staproetes. Dit is beslis 'n besoek werd. "
"Ontsettende mooi ligging hoewel daar nie baie is in die vorm van aktiwiteite nie. Naby genoeg aan Clarens en Golden Gate om verskeie aktiwiteite te geniet. "
"Ons het nie werklik tyd op Fouriesburg self spandeer nie, maar die omgewing is pragtig en na-genoeg aan Clarens om elke dag deur te ry soontoe vir inkopies en uiteet. "
"'n Goeie alternatief vir die stadsgewoel. Oulike klein dorpie met heelwat interessante besoekpunte. "
"'n Mooi dorp met baie potensiaal. Dit bied baie ruimte vir nog 'n kunstenaars paradys."
"Die agteruitgang van die kleiner dorpe is baie hartseer. Die pogings van die inwoners om toeriste te trek is prysenswaardig."
"Klein dorpie met baie oulike mense en oulike eetplekke."
"Fouriesburg is in 'n pragtige omgewing geleë, maar die dorpie self het nie veel om te bied nie."
"Dit is die oulikste plek en die Hotel is regtig aan te beveel. Lekker naby aan Clarens. "
"Fouriesburg is 'n tipiese plattelandse dorpie met gasvrye mense. Daar is genoeg restaurante om van te kies met smullekker kos. Die dorpie het die mooiste uitsig oor die berge met 'n pragtige natuurskoon waar jy heerlik kan gaan rus en ontspan. "
"Klein plaasdorpie. Eetplekke bied baie goeie waarde vir geld. Omliggende natuur is pragtig met berge en staproetes. Naby die bekende Clarens dorpie met gepaardgaande ekotoerisme."
"Was baie lekker om in die rustige Vrystaatse dorpie te kon kuier. Ligging is goed om nabye dorpe en besienswaardighede te besoek."
"Fouriesburg self is nie veel om oor te skryf nie. Die omliggende area is 5 ster."